" Lofdig " deur THOMAS DEACON [boodskap #76611] |
Thu, 24 April 2003 16:29 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lofdig
Thomas Deacon
Oense Griekoes ees soos kanniedood
wat jaar vir jaar sy klokkiesblomsel boëntoe stoot.
Ver tot annerkant waar oulandswerwe trippelvoete kry,
spoe bitterblaar sy vlamtog uut ôr klippensrant,
ôr sand en vlei.
En als die warm winde waai, hul doodslied fluiyt,
klou wortelvingers vas an drooglandskluiyt.
Maar ná die reent, als langgelyfde klokkiesblom
weer uut die diepte van die bitter kom,
weet oens lat alwyn teun die rant,
se vlam ok diep uun oense lyfte brand.
|
|
|